Briewe

Hoekom nou probleme?

Die vyfde, let wel, die vyfde Grootvoël Boeremusiekfees, vind op 21 en 22 September plaas. Na vyf jaar het sekere mense van Oudtshoorn nou ewe skielik ’n helse probleem met die benaming “Grootvoël”.
Hoekom is die naam nou ewe skielik dubbelsinnig?
Hoekom wil mense iets wat mooi is, lelik maak?
Hoekom dinge in mense se gedagtegang plaas wat nog nooit daar was nie?
Ons moet tog nie in alles die duiwel sien nie. Hoekom wil ons hom ’n plek gee?
– John Emmerich, Oudtshoorn

Dankie vir dié High Tea!

Wat ’n pragtige gebaar van Die Hoorn om sakevroue van Oudtshoorn te be­-derf met ’n High Tea.
Die feit dat almal spontaan gemeng en gesels het, wys dat daar ’n behoefte op Oudtshoorn aan so ’n geselligheid is.
Die boodskap van die onder-burgemeester, Noluthando Mwati, was so waar.
Baie dankie vir haar goeie gesindheid en aanmoediging.
Vroue moet saamstaan en hulle talente ontdek.
– Rika Venter, Oudtshoorn
(stigter: SA Raad vir Sakevroue, erelid: Oudtshoorn Besigheidskamer)