■ We are all praying for rain. Is God holding it back desiring that we turn from our unrighteous ways and be wholly His?
■ Aifa se vliegtuie word afgeskiet oor die geraas. Ek kies die vliegtuie se gedreun ’n duisend maal bo petrolkoppe en sekere motorfietse se gejaag. Om nie te praat van my “back yard mechanic”-buurman se Saterdagpogings om sy Golfie te “tune” nie! Hy sukkel maar, want dit duur ’n paar uur en hy moet dit elke Saterdag oordoen. Gee my Aifa se vliegtuie enige tyd!
■ Here, U oog deurkruis die aarde. Daarom vra ek dat u asb na Volmoed se berge en lande en diere moet omsien. As dit U wil is, stuur vir ons reën. Vergewe ons gemeenskap vir alles en seën vir Volmoed met U reën Amen. Van ’n Volmoeder
■ Die buitelanders verkoop sigarette aan kinders onder die ouderdom van 18 jaar, en selfs aan skoolkinders. By wie moet ’n mens gaan kla, want alles word mos onder die mat ingevee ter wille van geld. Die mense wat die sigarette verkoop, kom weg daarmee, want hulle word beskerm deur die regering. Help ons kinders,want ná rook slaan hulle oor na drugs.
■ Kan die munisipaliteit asb vir ons sê vir hoeveel weke ons nog drinkwater het teen die huidige gemiddelde gebruik, gegewe geen reën nie? Hoopvol
■ Ek sal dit waardeer as voetgangers verantwoordelikheid kan begin aanvaar en kyk waar hulle loop. Elke dag sien ek mense wat voor karre inloop en oor rooi ligte loop. Julle speel met julle eie lewens en ook die van ander mense.
■ My buurman spuit nog sy grasperk nat met die water wat mense kan drink. Ek hoop hy en al die ander wat dit doen, sal ophou daarmee.