CARLI SE WENFOTO: Dié foto van Carli Munro is Vrydagaand deur gaste by die opening van ’n foto-uitstalling by die Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn as hul wenfoto aangewys! Die uitstalling bestaan uit foto’s van Carli en vyf ander Oudtshoorniete wat ’n digitale fotografiekursus van Hans van der Veen voltooi het.