■ Wonderlik om te sien hoe hangbrug opgradeer word. Gaan die brug dalk as swaaibrug bekend staan? Net bietjie bekommerd oor sy bestaan of dat dit dalk weer skade kan kry daardeur. Pas dié erfenis mooi op. AB
■ Dit wil voorkom asof dit finansieel baie goed gaan met die munisipaliteit om R100 000 van belastingbetalers se geld vir rugby te gee. Is die regmaak van ons mooi dorp se strate nie belangriker nie? Vra maar net. Ria (Ria, lees gerus die Redakteursbrief waarin ons probeer verduidelik watter bydrae sulke byeenkomste tot die dorp se ekonomiese voortbestaan lewer. Liesel le Roux, redakteur)
■ Aangesien die raad toelaat dat inwoners bruin, ongefiltreerde water moet drink, vra ons dat die saak dringend by die Menseregtekommissie aangemeld word. Die waterprobleem in die dorp tas ons menseregte aan. Sal mense met die nodige know how dit aanmeld en via Die Hoorn vir ons terugvoer gee oor hulle reaksie asb.
■ Beskadiging van grafstene het gekom om te bly. Oorweeg gerus ’n horisontale grafsteen met geskrif daarop sonder enige ornamente (wat afgebreek kan word) vir toekomstige sterftes. ’n Glaspot met vars blomme nou en dan op die steen sal die ding doen.
■ Eiendomsagente wat plase wil verkoop, baie van julle weet nie hoe werk serwitute, waterbeurte, pompregte, onderhoud op slote en pype nie. Doen jou huiswerk en wees ingelig. Ben, De Rust
■ Baie ontevrede omdat my DSTV-pakket nie kwalifiseer vir die gratis oop sportkanale nie! Miskien sou dit as ons afgeskeeptes die DSTV-kantoor aan die brand gaan steek het! Petro Heyns
■ Wit Isuzu-bakkie met CG-registrasienommer en embleem op die deur: Ek wil net sê, ou maat, jou dag van ’n ongeluk maak is nie ver nie. ’n Stopteken is daar vir ’n doel. Mooi daggie.

Vanaand geneem in Oudtshoorn.
■ Emile Cupido moet homself regtig op hoogte te kry van al die ware feite voor hy sensasionele snertvideos vol groot woorde op Facebook plaas oor die lughawe en die Aeroklub. Sy propaganda is so vol foute en onwaarhede dat dit eintlik lagwekkend is. Dr Johan Strasheim (voorsitter: Oudtshoorn Aeroklub)
■ Amper nog ’n ongeluk in Baron van Reedestraat toe ’n voetganger en trokkie saam dieselfde tyd oor ’n rooi verkeerslig begin stap (man) en draai (trokkie). Beteken rooi nie stop nie?

Dit lyk naar in Noordstraat – dit is ’n gesondheid- en veiligheidrisiko. ’n Mens kan mos nie so mors en boonop vuurmaak op straat nie. Dan is die mense nog erg aggressief ook.