Briewe

Ownership cop out in Baron van Reede Street

While the province and the Oudtshoorn Municipality juggle the ownership, policing, and control of Baron van Reede Street, the speedsters and motorbike speed freaks take advantage of this ownership cop out by both parties. Every day is open speed track for them.

There is seemingly no law enforcement from either party, who point the finger of ownership at the other, while the blatant transgression, by vehicles and motorcycles with illegally loud exhaust systems, continues unabated.

When last was anyone cited for excessive speed on this road (R328) so vital for the tourism industry?

When last was a vehicle, or motorbike cited for emitting unlawful noise from a modified exhaust system racing down this road?

I challenge that in the last year not one was cited. Prove me wrong.
Rumour among speed musters is that if you want to test your vehicle’s speed, acceleration and exhaust drone – try Baron van Reede Street – you’ll never be caught.

How much longer must Oudtshoorn residents tolerate Baron van Reede Street being used as a drag strip?
–  Ron C McKinnon, Oudtshoorn

Vrae oor reëls van gemeenskapsdiens

Ek was verlede jaar by die Departement Korrektiewe Dienste op Oudtshoorn om aansoek te doen vir twee mans wat gemeenskapdiens doen om my te help by die VGK Kerk te Blomnek, De Rust. Hulle het die twee mans beskikbaar gestel, sonder voorwaardes.

Ek praat uit ondervinding, want ek het self destyds dieselfde straf uitgedien. Ek het die mans gekry om te help, maar sonder enige dokument. Dit was vir my vreemd, want dis nie soos ek dit ken nie.

Die mans het ook net gemaak of hulle saam met my gaan. Een van die mans het aan my gesê hy is nie ’n “Frans” nie (dit is tronktaal vir ’n “pop”), en daar loop hy. Ek het dit dadelik gerapporteer, eerstens by hulle case file-beampte wat belowe het hy sal die mans vervang deur twee ander mans. Dit het egter nie gebeur nie.

Ek het daarna ook die aangeleentheid by die onderhoof gerapporteer. Sy verweer was dat die manne wil werk waar geëet word. As Korrektiewe Dienste dié mense wat gemeenskapsdiens moet doen, vrywaar van  hulle voorwaardes; wat van die slagoffers?
– Jacobus Goliath, De Rust

(Die brief is verlede week aan die Departement Korrektiewe Dienste ge­­-stuur vir reaksie. Name van die persone wat Goliath gaan spreek het asook sy kontraknommer is aan hulle verstrek. – Redakteur)