■ Dankie vir die nuwe karwagte met die geel bibs in die middedorp. Ek sal vir hulle ’n fooitjie gee. Daar is nog ander mense wat daar rondloop en maak of hul karwagte is. Kan die munisipaliteit hulle asb verwyder?
■ Kan nie wag vir Calitzdorp se lekker port en fees die naweek nie.
■ Asseblief munisipaliteit, Buitekantstraat regoor Villa Fontes moet skoongemaak word. Vandat die herfs begin het, is nog nooit skoongemaak nie. Ons is keelvol om elke dag daarteen vas te kyk. Wat help dit julle vee elke dag in Voortrekkerweg, maar kyk jy regs, dan sien jy die vuil straat. Skuins oorkant is Wes-Handelshuis. Almal gooi hul blik-kies, bottels, papierhouers in Buitekantstraat neer. ’n Mens raak moede- loos. Dié deel moet gereeld skoon- gemaak word.
■ Kan die mense wat praat van “oumensies” my asb help. Op watter ouderdom word iemand ’n “oumensie”? Wat is die verskil tussen “ou-mense”, “bejaardes” en “oumensies”? Of is “oumensies” dalk kleiner as ander ouer mense?

Die Elderly Crime Prevention Desk van die SAPD op Oudtshoorn het ’n modeparade gehou waar ouer inwoners gespog het met hoede wat hulle self gemaak het – soos op die foto bo. (Foto verskaf.)
■ Ek wil net dankie sê vir die munisipaliteit vir die teer van ’n groot gat in Nielstraat wat al baie jare oopgelê het. Nogmaals baie dankie. Ou Koos
■ Bestel ’n pizza en hy is gratis as die kol op die boks by aflewering nie rooi is nie – hulle kwaliteitsbelofte. Dit is hoog tyd dat Oudtshoorn se munisipale bestuurders en raadslede rooi kolle kry en hul werk verloor vir trae reaksie; in meeste gevalle géén reaksie.
■ As Airbnb’s moet hersoneer, wat van sogenaamde “studentehuise” en losieshuise? In baie gevalle twyfel ek sterk dat enige amptelike kanale gevolg is. Is dit dan regsaanvaarbaar? (Die Hoorn is van mening dat geen oortreding van wetgewing aanvaarbaar is nie. – Redakteur)
■ Gooi ’n drom Vanish in Oompie Koos Raubenheimer se dam, dan het ons in ’n kits helder, skoon en veilige water om te drink. Glo my dit werk! Al nadeel is dat dit bietjie duur is, maar die munisipaliteit sal nie omgee nie. Ons belastingbetalers se geld “vanish” al vir jare lank! Lag maar net…

■ Dit breek my hart om op sulke tonele af te kom. Ek ry baie bergfiets op plaaslike grondpaaie en kry byna daagliks dooie diere. Hierdie aardwolf het Dinsdagoggend op die Vergelegen-pad gelê. Ek het hom uit die pad gesleep. Kan mense nie asb maar net bietjie stadiger ry orals nie?!?