Hier is ons kompetisiewenner

Die wenner van R1500 se produkte van Pick n Pay Oudtshoorn in die afgelope weke se leserskompetisie van Die Hoorn, Rina Claassen, saam met Jaco Swart van Pick n Pay en Wyndham Ewerts van Die Hoorn. Foto: Die Hoorn
Die gelukkige wenner van R1500 se produkte wat te wen was in ’n leserskompetisie wat Die Hoorn die afgelope weke saam met Pick n Pay Oudts-hoorn aangebied het, is Rina Claassen van Begonialaan in Toekomsrus, Oudtshoorn.
Rina se naam is Dinsdag uit al die korrekte inskrywings getrek.
Rina het Dinsdag tydens ’n fotosessie gesê sy gaan eers ’n bietjie nadink oor wat sy wil koop en waarskynlik teen
Saterdagmiddag dié belangrike inkopies doen.
Rina is een van die vriendelike gesigte in Oudtshoorn se toerismebedryf en is ’n werknemer van Beste Little Guesthouse op die dorp.
• Dankie aan al ons lesers van ver en naby wat ingeskryf het vir die kompetisie. Die Hoorn beoog vanjaar nog vele kompetisies met lekker pryse vir lesers. Hou Die Hoorn dop!