Briewe

‘Selfbetuiging’ ontbreek tans

Na aanleiding van die berig en adver­tensie in u koerant en Die Herrie dat die noodapteek uit die middedorp moet verskuif omrede die sekuriteitsituasie in die dorp nie na wense is nie, voel ek my geoorloof om die volgende in u midde te lê.

Selfbetuiging, wat ’n eenvoudige begrip is, is die één verskynsel wat van­dag totaal in ons politieke lewe ont­breek. Dit is die wil om in die naam van ’n volk onsself te betuig teenoor daar­die magte wat ons aan hul ambisies wil onderwerp.

Die wese van die tyd waarin ons vandag lewe, is dat daar ’n politieke oorlog teen die Afrikanernasie en wit inwoners van Suider-Afrika gevoer word.

In die internasionale lewe waar ons vandag in die brandpunt van die ge­skiedenis staan, is ’n volk se voort­be­staan nie soseer afhanklik van sy ver­- dienste of sy prestasies of sy voor­tref-likheid op die gebied van die kuns, die kultuur, die ekonomie, die wetenskap of op militêre gebied nie, maar hang sy voortbestaan af van sy uitsluitlike wil om homself te betuig.

Jy kan al die strate in die dorp vernoem.

Jy kan al die prestasies op kultuurgebied behaal, maar as die volk nie die wil het om homself te betuig nie – sy karakter, sy aard, sy herkoms, sy ge­skie­denis teenoor die wêreld stel nie, sal so ’n volk ondergaan en sal die wêreld sy plek nie ken nie.

Hy wat sy geskiedenis vergeet, sal gevonnis word om sy geskiedenis oor te leef.

Is ons nie besig om ons geskiedenis oor te leef nie? Het dit nie tyd geword dat wit inwoners probeer behou wat aan hulle behoort nie? Hul godsdiens, hul taal, hul tradisies en volkslied, Die Stem, hul onderwys in hul moedertaal. Die mooiste soete taal.
– DA Barnard, Oudtshoorn