SMS’e van lesers

Dit is regtig belaglik hoe duur die waterrekeninge in De Rust is vir Januarie en dit nadat die krane die meeste van die tyd leeg was as gevolg van die waterkrisis. Iewers is ’n helse fout met die saamstel van die reke­ninge, want oral waar ek kom kla die inwoners oor die hoë rekeninge. Die munisipaliteit kon ons liewer 50% afslag gegee het. Met die swart water wat wel uit die krane kom, verhaal hulle dalk die vervoer-koste en oortyd van die trokke wat water aanry. Dit laat my net vreeslik baie dink, want niemand kan regtig antwoorde gee nie.

*****

Wanneer begin die raad met die behuisingsprojek vir die middelinkomstegroep by Zeelandsnek waaroor daar al reeds ’n raadsbesluit is. Glo hulle nog die stories dat die skilpadjies se rustig-heid versteur gaan word? Kom nou, moet nie ander plekke vir hierdie reeds goedgekeurde projek soek nie. Begin onmiddellik.

*****

Dit is kommerwekkend hoe baie stop­tekens erg dof is in die Groter Oudts­hoorn se munisipale areas – en nou wil ek nie eens van die spoedhobbels praat nie. Geen wonder mense veront­agsaam stopstrate nie, want by party plekke is daar nie eens meer stopborde nie. Dit sal mos enige leerlingbestuurder asook ons senior burgers verwar. Die munisipaliteit moet asseblief iets doen aan die stoptekens – anders gaan ons nog as die “ongelukke-dorp van die jaar” bekroon word, want dit is kommerwekkend.

*****

Kan iemand help met raad oor wat om met bestuurders te doen wat voor jou U-draaie maak of sommer op enige plek parkeer. En mense wat enige plek oor die straat loop sonder om links of regs te kyk. Hoe gaan ons mense leer om ander in ag te neem? Moedeloos.

*****

Iets wat die oog altyd vang, is die immergroen tuin van ons staatshospitaal. Darem nog iets positief in ons area asook die higiëniese toestand en netheid is iets waaroor ons trots kan wees. Hou so aan, die bestuur, asook die wat deel uitmaak…

*****