Sms’e van lesers

■ Dit is wat ek doen met my plastieksakke en my vriende s’n. Moenie dit in die straat gooi nie. Dit kan iets mooi word. Oudtshoorniet (Pragtig, Oudtshoorniet! Inwoners van die Klein Karoo kan gerus vir ons foto’s stuur van mooi goed wat hulle van plastieksakke of rommel maak. - Liesel le Roux, redakteur)

■ Dit is wat ek doen met my plastieksakke en my vriende s’n. Moenie dit in die straat gooi nie. Dit kan iets mooi word. Oudtshoorniet (Pragtig, Oudtshoorniet! Inwoners van die Klein Karoo kan gerus vir ons foto’s stuur van mooi goed wat hulle van plastieksakke of rommel maak. – Liesel le Roux, redakteur)

■ Kan die rook van sigarette nie ook verbied word in Hoogstraat nie? Stap enige dag van die week in Hoogstraat
af en oral staan mense en rook. Sigaretstompies word net daar neergegooi. Om verwerkte rook in te asem is lewensgevaarlik. Marie

■ Goed om te sien Jan van Riebeeckweg op Oudtshoorn se gate word toegemaak.

■ Pragtige foto op bl 10 van Die Hoorn van 24 Mei. ’n Hond is immers die mens se Beste Vriend. Marie

■ Graag wil die inwoners van Bellinganstraat (Bellinganhof) mnr Johan Nel hartlik bedank vir die groot hoeveelheid uie wat hy aan ons geskenk het. Dit word baie waardeer.

■ Geagte mnr Ramaphosa, ek het u Maandag oor die radio hoor Afrikaans praat. Ek het trane in my oë gekry. Baie dankie. Nic Barrow

■ Ek bid vir die dapper mense wat die pyp van die Raubenheimerdam regmaak en vra dat hulle beskerm sal word.

■ Kan die burgemeester nie iets aan die veilig heid situasie in die middedorp van Oudtshoorn doen sodat inwoners
weer veilig kan voel om daar te koop nie? Ek is ’n vrou in my vroeë twintigs en was bang toe ek die week een middag
in die dorp was. Wat kan ek doen teen groepe mans wat oral saamdrom en saamsit? Ek onthou hoe veilig ek as
kind in Oudtshoorn se middedorp gevoel het.

■ Hoekom parkeer winkelpersoneel op al die parkeerplekke in die middedorp? Wil hulle nie hê die publiek moet hul
winkels besoek nie?

■ Ek hoor drie Méthode Cap Classique-wyne van Le Lude, wynkelder van Nic Barrow in Franschhoek, is gekies vir vanjaar se Nederburg-veiling – die eerste keer dat die veiling drie verskillende wyne van een kelder aanvaar het.