■ Ek wil net weet of die aand se natmaakbeurt op Oudtshoorn ’n uur vroeër kan skuif? Van vyf tot ses. Halfsewe is dit al donker.
■ Kan Volmoed se gemeenskap asb een keer saamstaan na 20 jaar. Trek jul kruisies by enige party behalwe die wat nou en voorheen aan bewind was. Asb, maak oop jul oë. Genoeg is genoeg. Na 20 jaar is die oplossing EFF. Oupa Malema
■ Aan die gemeenskap van Oudtshoorn: Ons sal moet opstaan teen die besluit om Voortrekkerweg se naam te verander. Hulle het nie geld om die straatlig op die hoek van Bloem- en Oostelike Weg te herstel nie, maar wil geld spandeer om ’n straatnaam te verander. Al die strate is vol slaggate. Daar is te veel om alles te noem wat nog uitstaande is en wat gedoen moet word. Stuur ’n brief of e-pos aan mnr Visagie by die munisipaliteit. Bel u raadslid en maak kapsie. James Stokes