Sms’e van lesers

■ As hulle ’n straat in Oudtshoorn wil vernoem na Donson kan hulle ook strate na Schabir Shaik en Julius Malema vernoem.

■ Hoe kan Baron van Reedestraat na Donson vernoem word. Vernoem eerder ’n straat in Ladismith na Donson!

■ Die inwoners van Oudtshoorn moet die munisipaliteit hof toe vat oor ons vuil drinkwater. Hulle het geen verskoning vir die reën nie. Ander provinsies kry ook reën, maar daar het hulle filters vir hulle resevoirs. Elke Maandag het ons bruin water. Sê net vir ons hoekom. Daar is belowe ons strate gaan een keer per maand skoongemaak word, terwyl Voortrekkerweg elke dag skoongemaak word. Daar is nie eers moeite gedoen om die strate beter te laat lyk voor die Kunstefees nie. Ons raadslid moet kom kyk hoe lyk Buitekantstraat regoor Villa Fontes. Ons is keelvol om elke dag teen dit vas te kyk.

■ As die ANC steeds in Kannaland saam met die DA werk , kan hulle mos nie in die tussenverkiesing teen hulle werk nie, of is hierdie par­ty so leier- en beginselloos? Icosa sal ver­seker dat hulle die prys hiervoor by die stembus in die tussenverkiesing van wyk 13 betaal.

■ Waar was die gemeenskap by Maandagaand se vergadering oor die begroting by die Burgersentrum? Moenie weer kla as jy nie daar was om jou vrae te vra nie. James Stokes

■ Vicki Momberg is drie jaar gevonnis vir gebruik van die K-woord. Sy is aangekla van crimen inju­ria omdat sy ’n persoon se menswaardigheid aan­ge­tas het. Honde aan leibande is volop in die og­­gend in St Johnstraat en bol en urineer onder toesig op die sypaadjie wat voetgangers na en van die hospitaal gebruik. Hond en mens is beide omnivore, so die bolle is dieselfde – walglik om te sien en ruik.Tas die honde-eienaars nie ook die voetgangers se menswaardigheid aan nie?

■ Kan die munisipaliteit asb ons waterskaarste meer adverteer? Met die KKNK het die fees­gangers heerlik krane oopgedraai. Besoekers besef nie hoe min water in ons damme is nie. As jy George inry, is daar ’n groot advertensiebord wat sê dat dit ’n waterskaarsgebied is. Moenie wag tot ons damme leeg is nie!

■ Volmoed se huise waglys word hierdie jaar 20 jaar oud en is weer afgekeur as gevolg van die feit dat daar nie grond beskikbaar is vir die bou van huise nie. So bly ons jaar in en uit in platehokke wat ongesond en ongeskik is vir blyplek. Ander bly getroud by families in soos visse. Ons het wyks­raadlede wat vir ons niks beteken nie. Volmoed is tot dorpsgebied verklaar, maar geen ont­wikkeling vind hier plaas nie, behalwe gastehuise waarvoor daar wel grond is. Daar word wel planke-wooneenhede ontwikkel om uit te huur – net die betrokkene weet waar hy grond vandaan kry. Nou vra ek: Wat soek ons bruin gemeenskap van Volmoed by stemlokale as Volmoed met ’n ysterhand regeer word?

■ Die goeie toestand van die NA Swembad die afgelope naweek met die groot swemgala.

■ Die goeie toestand van die NA Swembad die afgelope naweek met die groot swemgala.

■ Willem en sy span wat alles in ’n puik toe-stand hou by die NA Smit Swembad.

■ Willem en sy span wat alles in ’n puik toe-stand hou by die NA Smit Swembad.

BRIEWEBUS:
Sophie April: Voorsien asb Die Hoorn van u kontakbesonderhede vir ons eie rekords. Die Hoorn plaas nie lesersbriewe sonder die kontakbesonderhede van die skrywer nie.