■ EK wil asseblief vra of die munisipaliteit nie kan kyk na die baie spoedbulte in Bridgton wat die inwoners self gemaak het nie. Jy kan jou motorbande verloor. Lelike skerp klippe is daarin… Kyk asb daarna. As dit nodig is, vervang dit met die regte spoedbulte. Die Here sal jul seën.
■ Isabel, ek het ook gekla oor die sms van die munisipaliteit; dit gaan nou maandeliks gebeur. Hoeveel geld is dit? Rosline
■ Vra die Dominee vir jou ook of jy “lekker laag hang vandag” terwyl hy jou in sy palm weeg? Skaamteloos Anoniem
■ Ja, so gaan dit aan en aan. Niemand doen werklik iets omtrent die straatkinders nie. Hulle maak net soos hulle wil in die middedorp. Jy sien hulle nie op die stoepe van winkels in die woonbuurte nie, net in die dorp.
■ Piet, stem saam met jou oor diens by Absa. Rosline
■ Wat betaal die munisipaliteit vir die swak vullissakke wat ons kry? Seker weer geen kommentaar.
■ Elke week lees ons wat die uitslag van die watertoetse is en hoe veilig dit is om gedrink te word. Intussen bly dit vuil en word inwoners genoodsaak om water te koop. Sekerlik moet die regerende party die verantwoordelikheid aanvaar vir die voortslepende waterkrisis en behoort selfs aangekla te word

■ Kyk hoe lyk dit daar agter by die CP Nel Museum! Dit lyk al van verlede jaar so! (Die munisipaliteit het nadat Die Hoorn die foto aan hulle gestuur het, die week die gebied skoongemaak. Dit is baie moeilik toeganklik – ook vir skoonmakers – en dit wil voorkom of dit vullis is wat verbygangers in Queenslaan deur die pallisadeheining gooi. – Redakteur)
■ CG kry nog altyd bergwater. Niks vreemd vir dorpe in Suid-Afrika nie. Opvangsgebiede is in die berge! Nou hoekom is ander dorpe se water nie bruin nie?
■ As volwassenes dieselfde tyd agter boeke spandeer as wat hulle sinneloos op Facebook en WhatsApp rondhang, sal daar baie doktorsgrade in Oudtshoorn wees.