■ So kry ek die sms “Die EFF en ANC werk saam om alle privaat huise en grond te vat. Jy kan dit net stop as jy geregistreer is om te stem. Kliek https: //da.org.za”. Nou is ek weg by DA en na die ANC want ek wil ook ’n privaat-huis he. Moet ek eie huisraad bring en HTH vir die pool? Jack Daniels
■ Ons het ook ons eie Guptas?!
■ Aangesien dit onwettig is dat die raad toelaat dat inwoners bruin, ongefiltreerde water moet drink, vra ons dat die saak dringend by die Menseregtekommissie aangemeld word. Die waterprobleem in die dorp tas ons menseregte aan. Kan mense met die nodige knowhow die onwettighede by die Menseregte Kommissie aanmeld en via Die Hoorn vir ons terugvoering gee, asseblief. Sophie April
■ Persoon met jou goudkleurige golfie en maatjies: jy en die kastige mechanic wat Zebraweg en Rosseaustraat so op horings neem, moet onthou dat ons as gemeenskap ’n petisie opgestel het. As die owerhede nie gaan optree nie, sal ons julle self uitsorteer en glo my – julle gaan verlang aan jul blikgerasies.
■ Nog geldmors! Ek kry gister ’n sms van die munisipaliteit ivm my diensterekening. Die sperdatum is foutief! Dit moet die 12de wees en nie die 10de nie. Ons rekening is reeds die agtste betaal! Lyk my almal kry voor die voet sms’e, ongeag of die rekening betaal is of nie! Isabel
■ As die senior munsipale amptenaar (“Vas vir dronkbestuur” – Die Hoorn – 19 Mei 2016) skuldig bevind word en sy lisensie opgeskort word, gaan die raad vir hom ’n drywer en ’n kar gee? Hy ry mos baie rond na meetings. Charles Glass

■ Hoekom gaan motors voort om op ’n rooi streep voor die veearts op die hoek van Bloem- en Van der Rietstraat – teen die verkeer boonop – te parkeer? Daar is ook ’n nie-parkeerteken. Hierdie is ’n gevaarlike hoek en voertuie wat die parkeerreëls oortree, stel mense en diere se lewens in gevaar.