Sms’e van lesers

■ Ek sien daar is ’n nuwe stortingsterrein regoor die VGK-kerk in Bridgton. Weet die munisipaliteit daarvan? Ou Koos

■ Groot dankie aan die vriendelike dame wat die oproep beantwoord het en die twee brawe mans van die brandweer wat gisteraand ’n slang uit ons huis kom verwyder het! Elmarie

■ Die dwelmhandel in ons dorpie is ’n probleem. Die SAPD doen klopjagte op dagga, maar daar word vergeet van mandrax (pille) en metamfe­tamien (tik). Boonop word die verbruiker geteiken en nie die verskaffer nie. Kom ons jaag die bron en dalk kan ons die probleem oplos. SAPD is deesdae baie onbetroubaar. En kom ons hou op om net sekere mense te teiken, want dit is die probleem in die gemeenskap waar ek woon. Ulrich

■ Jammer, maar ek kan nie verstaan dat die water nou nog soos gemmerbier lyk na twee weke nie. Die water gaan tog deur die filters voor dit na die krane toe moet gaan. Lyk vir my daar is nie eers filters in jul filtreerstasie nie, anders sou die filters al verstop gewees het. Lyk vir my ons kry die rou vuil water net so uit die opgaardam uit. Wat van die mense wat dit nie kan bekostig om water te koop vir drink nie? Al kook jy die water – bly dit vuil en wit wasgoed kan nie met die water gewas word nie. (Ons is nie seker na watter filters u verwys nie. Oudtshoorn se drinkwater gaan volgens ons kennis nie deur ’n “filtreerstasie” nie, maar is die bergwater met ’n byvoeging van chloor. – Red)

■ A personal thank you from the Oudtshoorn Jewish community to the electricity department of the Oudtshoorn Municipality and councillor Pat Wagenaar for your very efficient and promt assistance. Bernard Herman

■ Na aanleiding van die klagtes oor die waters van die pieperige dorpsjapies, wil ek die munisipaliteit aanraai om die water vir die boere los te laat. Hulle sal weet wat om daarmee te maak, aangesien hulle gewoond is om water uit ’n gronddam of tenk langs die huis te drink. Kan die klakouse nie hul eie drinkwater van hul voeltjiemisdakke opvang soos op plase en dit drink nie? Miskien sal hulle ’n gesonder lewe kan ly. Hou op kla en doen self iets daaraan. H Truter

■ DA, kan julle asseblief net ’n plan maak met die onwettige huiswinkels wat soos “mushrooms” opskiet?

■ Die berig oor Maggie Titus se prokureur, Greeff, wat ’n versoekskrif met 1 200 handtekeninge by die hof indien, slaan my dronk. Kan iemand vir ons sê of die 1 200 tekenaars nou in haar onskuld glo? Sal hulle asseblief na die hofsaak van hulle laat hoor? Desmond Windvogel

■ Daar heers groot kommer oor die volhoubaarheid van die militêre veterane se mediese fonds – SMMVF. ’n Aksiegroep is onder leiding van Tony Dippenaar gestig om werk te maak van hierdie aangeleentheid. Hulle benodig lede (ge­talle) om hul stem dik te kan maak. Word lid van die aksiegroep deur jou nommer, rang, naam en selfoonnommer na thyslubbe@gmail.com te stuur. Stuur asseblief aan alle veterane wat jy ken.

■ Die persoon met die goue golf wat so raas in Zebraweg: Jy gaan nog jou g*t sien. (Sms geredigeer)

■ Die manne wat in hoë stoele sit wat name van strate wil verander en nie kyk hoe riete in die rivier groei en die pad op lae bruggies toedruk nie – die bome wat in die pad hang in Albert- en Jan van Riebeeckstraat kan ongelukke veroorsaak. CA

■ Is ons regtig ’n demokrasie? Waar is ’n wit of ’n bruin gesig in die kabinet? Eish!

■ Jy luister soms met net ’n halwe belangstelling na iemand se verhaal en besluit dis bog wat hy praat. Sonder om daaroor te dink. Dan mis jy die waarheid. Sterkte.

■ Wees versigtig vir ’n jong meisie wat beweer sy is jou huishulp se dogter en dat haar ma te skaam is om jou geld te vra vir die een of ander krisis. Sy het al baie mense uit hul geld bedrieg. Stories loop dat sy ook mense by supermarkte voorkeer en in Oudtshoorn en George “werk”.

■ Hou asb op om op besige tye soos met middagete ’n U-draai in Baron van Reedestraat te maak reg voor aankomende verkeer. Te veel ongelukke is al daar deur so iets veroorsaak.