Sms’e van lesers

■ Ja, so het ons ’n biddag vir reën verlede Woensdag gehad en toe daag nie meer as 30 mense op nie! Maar as daar ’n optog is vir boere wat vermoor word of funksies waar drank en kos bedien word, is daar honderde van ons. Dit is nog nie droog nie, dit gaan te lekker met ons. Kobus

■ Met Mugabe en Zuma uit die kussings moet Icosa Donson recall.

■ Daar moet toerekeningsvatbaarheid kom. Wie gaan die inwoners se mediese rekeninge betaal en die koste dra van water wat gekoop moet word? Munisipaliteit, wat daarvan om inwoners vry te stel van hul waterrekeninge die maand?

■ Na drie dae se staan in die kan het die gemors nog nie afgesak nie. Wat help dit om die water te kook? Dit sal nie skoon word nie. Julle is aan ons ’n verduideliking verskuldig. Moenie dink almal is onnosel nie. Gert

■ Na drie dae se staan in die kan het die gemors nog nie afgesak nie. Wat help dit om die water te kook? Dit sal nie skoon word nie. Julle is aan ons ’n verduideliking verskuldig. Moenie dink almal is onnosel nie. Gert

 

■ En nou raak Parkweg-Noord weer ’n stor­tingsterrein! Shoprite, mis julle ’n winkeltrollie? L Koen

■ En nou raak Parkweg-Noord weer ’n stor­tingsterrein! Shoprite, mis julle ’n winkeltrollie? L Koen

■ Ek wil graag kommentaar lewer op die berig in Die Hoorn van 15 Februarie – oor die inwoner wat skote afgevuur het oor oproerige straatkinders. Dit is wat meer gaan gebeur in die sakekern, omdat daar niks aan die kwes­sie van bedelaars, straatkinders en selfaangestelde motorwagte gedoen word nie. Ek is jammer vir hierdie persoon wat nou in die hof moet staan. Keelvol inwoner

■ Al weer ’n geval van straatkinders wat kan doen wat hulle wil en niks oorkom nie. Die man wat aangeval is met messe moet nou stil staan en toelaat dat hy besteel en boonop gesteek word. Waar word die streep getrek? Het die kinders meer regte? Daar moet daadwerklik iets aan die situasie gedoen word. Die man het homself en sy besittings beskerm. Wie sal dit nie doen nie? Jekels

■ Daar is iets wat ek geensins verstaan nie en ek hoop van harte dat ’n kundige persoon in die SAPD my kan inlig. Die SAPD vra gereeld dat die publiek sal help met inligting om verdagtes vas te trek, maar in die Gupta/Zuma-voortvlugtende-geval het hul nie hulp nodig nie… Ek ruik ’n rot! Pieter

■ Ons sit onder die boom en wonder – wat het dan van payslips en koeverte geword, want ’n bankrekening is vir party werkgewers ’n las. Nou moet ons maar tevrede wees met uit die sak in die hand? Baie onwaardig!

■ Dit is goeie nuus om te hoor dat die pad na George herseël gaan word, maar kan daar nie sommer ook klimlane aangebring word vir die swaar voertuie nie? Ou Koos

■ Die oggend van 15 Februarie 2018 om 05:20 op die hoek van Buitekantstraat en Voortrekkerweg staan en luier hierdie konstruksie-voertuig tot vervelens toe en vertrek eers na 06:30 na sy wie-weet-waar bestemming, glo nie hierdie eienaar sal notisie neem nie. André B

■ Die oggend van 15 Februarie 2018 om 05:20 op die hoek van Buitekantstraat en Voortrekkerweg staan en luier hierdie konstruksie-voertuig tot vervelens toe en vertrek eers na 06:30 na sy wie-weet-waar bestemming, glo nie hierdie eienaar sal notisie neem nie. André B

■ Wanneer gaan die munisipaliteit begin om die riete te verminder by die laagwateroorgange? Daar was al ver­skeie versoeke, maar daar gebeur niks.

■ Graag wil ek verneem van ons water wat nes gemmerbier lyk. Sondag het dit nog erger gelyk. Kan die munisipaliteit nie op die radiostasies die mense inlig nie? Die honde wil nie eers die water drink nie. Gaan die munisipaliteit die mediese koste dek van mense? Dit is ons grondwetlike reg op skoon, gefil­treerde water. Ek hoor graag die kommentaar van die munisipaliteit. Franco

■ Wat nou DA? Eers moet water gekook word, toe is dit drinkbaar en skielik nou weer gekook word? Kan nie eers was daarmee nie en dan nog sukkel om drinkbare water te bekom. Oral vind jy lang rye mense, wagtend om water te koop of koopkrag – seker te veel water gekook. DA raak kluts kwyt en moet begin konsentreer op diens­le­-wering met die geld van die straatnaamverandering. Dankie. Bekom­- merde DA-ondersteuner