Die wit en rooi paaltjies aan weerskante van voetoorgange verhoed voertuie om deur te ry! Waarom nie dieselfde doen voor ’n historiese gebou wat nou ’n kerk, WMUCC, is nie? Dis onsensitief en onooglik om straatrommel (sand, teer, klipafval ens) daar te dump. Watter beeld word na besoekers langs die hoofweg geprojekteer? Kom asseblief, Oudtshoorn Munisipaliteit! Leser
*****
Aandag munisipaliteit. Hoogstraat vanaf Smith Kafee tot by die aansluiting met Baron van Reedestraat (naby Boulders Lodge) is uiters gevaarlik. Daar is geen middel- of stopstrepe nie. Vrees vir ongelukke daar.

Hoe gereeld sien mens ’n hond wat so sit? Sokkie is die tweejarige Jack Russel van Sonia Louw op Oudtshoorn en gedra hom gereeld soos ’n mens.
Mense praat so maklik agteraf sleg van besighede. Gaan praat met die betrokke persone! Het wonderlike diens by Skillie gekry – Spar, julle is tops! Gryskop- tannie
*****
Dr Trude Burger (Stassen) is terug by die Kango Dierekliniek! So bly om haar weer te sien! Baie voorspoed en liefde word jou toegewens, Trude.
*****
Weet iemand wat het geword van die borsbeeld van dr Hendrik Verwoerd? Dit het ’n ereplek in die voorportaal van die Burgersentrum op Oudtshoorn gehad. Vroeër was die deel voor die Burgersentrum ook bekend as Ver- woerdplein. Nuuskierig. Petro Heyns
Die sms is aan die Oudtshoorn Munisipaliteit gestuur vir reaksie.