Ek koop nog steeds water sedert die brand in Desember 2016. De Rust se water is nie skoon nie. Help! Publiseer asseblief toetse.
*****
Baie dankie, Eljada Kairos, vir jul ete en dans! Dit was ’n wonderlike aand. Maak weer so!
*****
As ek ons jong mense so sien met die tatoes, veral die dames, dan wonder ek as hulle die ouderdom van 80 of ouer haal hoe gaan dit lyk? Ek voel jammer vir julle. Dit mag nou mooi lyk, maar die jeug van vandag het nie respek vir ouer mense nie. Sterkte vir die toekoms. Ouma Lenie
*****

Die Bruiners-broers, Antonio James Bruiners en Jean Bruiners, maak naam by SWD Krieket. By hulle staan hul hoof, mnr Bischoff, en afrigter Manie Olivier van Laerskool van Reede. Albei broers kom deur Laerskool van Reede. What a blessing indeed.
Kan die munisipaliteit nie iets soos ’n program uitwerk en kinders iets leer oor waterbesparing en herwin nie, want dit is ’n skande hoe sommige gemeenskappe se kinders water vermors in hul ouers se teenwoordigheid. (Lê die verantwoordelikheid nie by die ouers en die skole nie? Red)
*****
Wil net die munisipaliteit bedank dat hulle so gou die straatlig by Melvillestraat 63 herstel het! Waardeer dit! Dankbare inwoner
*****
Baie geluk aan die DA-raad en munisipale bestuur met die vinnige delging van die skuld aan Eskom en ander uitstaande skuld wat opgebou is deur die vorige regeerders. Bou so voort en help om Oudtshoorn ’n modeldorp te maak. Hennie Davel
*****
Die stap met honde in die strate van Bridgton deur jong seuns is besig om hande-uit te ruk. Wat sê die munisipaliteit se ordonansies wat dit betref, en kan die wetstoepassers nie hierby betrek word vir beter beheer nie? Of wer hulle net in die dorp?