Ek lees op die voorblad: “Ontwikkeling en belegging op Oudtshoorn is noodsaaklik sodat die dorp ekonomies kan groei en die belastingbetalende inwo-ners, wat die dorp se finansiële laste dra, kan vermeerder.” Wel, solank privaatbesighede hul werknemers aalmoese betaal, kan ons nie ons dorp help nie, want ons kan net “soveel” terugploeg. En al kom hier watse besighede ook, ons kan nog steeds net “soveel” terugploeg! Dink daaroor, almal wat aan die Besigheidskamer behoort, want dis ons wat julle salarisse ook betaal.
*****
Ek ry vanoggend verby die Vaardig-heidskool en hul netjiese en pragtige tuine trek my aandag. Dankie aan die prinsipaal en personeel wat verant-woordelik is daarvoor. Seën op jul werk.
*****
Armoede en kindermishandeling is oral te sien hier in ons dorp, maar in elke tweede straat is daar ’n smokkelhuis. Die gemeenskap van Vuyanistraat sê nee vir nog ’n tavern, asseblief.
*****
Kan die “trillings” asb met spoedwalle vervang word by die Mosselbaaipad se aansluiting na Oudtshoorn.
*****
Dit is regtig ’n skande om te sien hoe sommige skole se foutiewe infrastruktuur in ons area lyk: stukkende krane, lekkende toilette, dooie gloeilampe. Wat doen diegene dan wat moet omsien na hierdie tipe dinge?
*****
’n Polisie-kombi vol passasiers in siviele drag ry Sondag, 24 September, omstreeks 16:30 vanaf die dorp deur die hoofingang van die militêre terrein. Sal iemand wat kennis dra van die bewe-gings van polisievoertuie lesers in kennis stel van die rede vir die omstan- dighede? Alle amptelike voertuie moet mos ’n ritboek (log book) hê. Soortgelyke insidente is vantevore ook opgemerk.
Kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, reageer soos volg: Rugbyspelers van die SAPD het tydens die naweek aan die Intermagte-toernooi (SANW, Polisie en Korrektiewe Dienste) by die SANW deel- geneem. Polisielede is nie verplig om ’n uniform te dra as hulle in ’n polisievoertuig ry nie.