SMS’e van lesers

Geskokte vroeë-oggend-bestuurder – Nie alle boere is so onmenslik/disrespek­vol soos jy dink nie. Daar is vasgestelde tye om te werk – die weer vra nie hoe kan “ek” jou pas nie. As jy moet eet, werk jy ten spyte van ongure weer. En ja, ons staan saam in die lande en plant saam. Het mense te “sag” ge­word? In die goeie ou dae is niemand opgepiep nie. Alida
*****

Heldedaad: Gewone ma – Lizzie Hendriks is voorwaar ’n heldin en moet by die volgende byeenkoms van helde­-verering ’n toekenning kry en miskien so ietsie in die koerant ook. Ek wil ook noem dat daar nie so iets soos ’n “gewone ma” bestaan nie. Ons is almal heldinne wanneer dit by ons kinders kom. ’n Ma is gewillig om haar lewe op te offer, honger te ly en selfs tronk toe te gaan vir haar kinders. En dit moet ook so wees, anders is sy nie ’n ma werd nie. Kom heldinne, verras ons! Cecile Ungerer
*****

So stukkend soos die huise, so stukkend is ons wat in dit bly van moedeloos­heid. In die winter ver­kluim ons byna en in die somer brand ons dood van die warmte in dit. Met die hewige storm wat daar was en met mure wat weg­staan van mekaar af, het ons almal besluit om die storm maar buite te trotseer om so ons eie veiligheid te ver­seker. Ons sien elke week ons bur­- gemeester staan en poseer vir ’n foto behalwe teen ons stukkende vaal huisies in die stofstrate. Ons nooi ons burgemeester om net een nag in so ’n huis te kom slaap.
*****

Ag dankie, Bart Vosloo! Laat my verlang na ons jong dae op die plaas. Skoffel tussen die rye met die vuurtjie op die punt van die land. Fanie Schoeman, Ladismith
*****

Luister asseblief na jouself wanneer jy iets vir jou suster of vriendin van iemand vertel sonder dat jy bewyse het. Hulle kan dalk teen jou getuig wanneer jul vriendskap nie meer op so ’n goeie voet is nie. Watch an learn. Life is complicated, big sis.
*****

Dit is nou net onmoontlik om vanaf die 30ste van die maand tot die 3de dorp toe te gaan! Parkeerplek is skaars soos hoendertande en dan wil ek nie eers praat van bank toe gaan nie. By die OTM staan mense rye op rye met tot 10 kaarte in hul hand! Die hele familie se geld word getrek en jy moet maar vir ure in die ry wag. Kan die bank nie iemand daar sit om dié dinge te kontro­leer nie? As jy voor staan en jy’t meer as een kaart kry jy kans om net een kaart se geld te trek en dan moet jy weer agter in die ry inval vir jou volgen­de transaksie. Ek vra groot asseblief. Dis ’n uitputtende besigheid! Ontstoke pensionaris
*****

Net ’n regstelling aan Lida in verband met die sms oor vrouens wat in die ryp lande werk: daar is verwys na sekere en nie alle boere. “As die skoen jou pas, veter dit vas,” lui die gesegde. Daardie spesifieke boere wat hul arbeiders so behandel, julle werk met “mense” Dit is tog logies en daar is wel so iets soos menslikheid. Bart Vosloo, aangaande jou brief dink ek nie landboukennis is die kwessie nie, maar wel gesonde verstand om buite die boks te dink en logies te redeneer. Daar is so iets soos menslikheid.
*****

Is die munispaliteit bewus van die plakkers wat onder die biblioteek se trappe ingetrek het? Laat in die dag slaap hulle nog. Die mense wat daar skoonmaak, werk om hulle. Hulle beddegoed en klere is daar ingedra. As dit nie gestop word nie, gaan dit erger raak. Die polisie moet alles verwyder daar en roldraad span.
*****

Die voorval waartydens ’n vrou (nogal in Vrouemaand) deur ’n adjunk-minister aangerand is, toon maar net die gehalte van huidige politici. Vergeet maar van nommer 1. Pieter