■ Ek het ’n klomp bottels in die rivier by die Van der Rietstraatbrug al drie keer gerapporteer by die Oudtshoorn Munisipaliteit se klagtedepartement. Dis steeds daar vir maande nou al! Die een klagtenommer was 254639. Kan daar asseblief iets aan gedoen word. – Cobe Fourie
■ Baie dankie Paulus Janse (op foto) en Judy Bezuidenhout wat die inisiatief geneem het om die sypaadjie en die pad by Villa Fonté so netjies skoon te maak. Julle stel ’n pragtige voorbeeld. Paulus, ons is trots op jou. – André Bezuidenhout
■ Die hoofrede vir die klein partye in Oudtshoorn se raad was omdat inwoners moeg was daarvan dat ons dorp uit die Kaap en Lethuli-huis regeer word. Nou is die klein partye egter deel van ’n ANC-koalisie met steeds instruksies uit die Kaap. Die jongste is egter die instruksie vanaf Dugmore van die ANC dat die PA en Advieskomitee hul mosie moet terugtrek. – Plaaslik
