Thuli Madonsela tweeted this week: “Forgiveness is not a gift we give to those that have wronged us. It is a gift to ourselves, to make space for love and peace in our hearts.”
*****
Die Oudtshoorn Munisipaliteit het ’n tydjie gelede ’n versoek gerig dat enige rommelstrooiing aangemeld moet word. Die area op ’n foto wat ek onlangs aan Die Hoorn gestuur het, loop gereeld deur. Ek ry gereeld daar verby en het al voorheen foto’s van rommel by die hoek van Parkweg en Noordstraat in Die Hoorn geplaas. Op dié spesifieke dag het die toneel verdag voorgekom. Indien ek dus die verkeerde afleiding gemaak het oor die bakkie, vra ek aan die eienaar van Molly Mop verskoning.
*****
Het vandag oor die hangbrug gestap… Baie vullis wat rondlê en van die dwarsplankies waaroor jy stap, is weg.
*****
Wil elke inwoner, oud en jonk, nie asseblief op Mandeladag ’n swart sak neem en net rondom sy woonplek al die vullis optel nie? Dink net hoe skoon gaan ons dorp die volgende oggend wees. Die munisipaliteit kan nie alleen daarvoor verantwoordelik gehou word om ons dorp skoon te kry nie.
*****
Op Donderdag (29 Junie) teen ongeveer 12:15 het ’n hoërskoolseun met donker hare en ’n wit bostuk in die veld naby Klapperbosrant met twee donkergeklede jong mans staan en rook. As dit nie ’n onskuldige situasie was nie, bid ek dat die drie jeugdiges die tragiese gevolge van hul optrede sal besef en sal ophou om hul lewens te vernietig. Besorgde oupa
*****
Ek sien Sondag in Wagenerstraat voor die munisipaliteit staan ’n ry karre in die straat wat gewas word. Die water loop van die huis af tot by Huis Triomf se hek. Lyk soos ’n swembad. Is dit toelaatbaar? EMK
*****
Baie dankie aan Johan Strasheim vir sy pragtige rubriek verlede week in Die Hoorn oor Hondeliefde. Ek weet van baie mense wat dit baie geniet het en dit aangestuur het vir hul vriende wat ook hondeliefhebbers is.
*****
Hoekom stop party mense nie by vierrigstopstrate nie? ’n Vrou het die week weer voor my ingery sonder om links of regs te kyk.