Hoekom word bestuurders van Oudtshoorn aangekla, maar nie Kannaland s’n nie?
*****
Pappa het vir Gordon April gewag en gekry. Nou wag Pappa nog vir Kannaland se leiers.
*****
Lyk my Kannaland se Guptas wat die burgemeesterfonds misbruik het, gaan niks oor kom nie.
*****
Eerw Noël Petersen en Gordon April was die ongevalle by Oudtshoorn Munisipaliteit. Gaan Kannaland se “Aprille” skotvry daarvan afkom?
*****
Om te dink De Rust het geen openbare toilet nie, nie eers die vulstasies of winkels nie. Wat ’n swak beeld stuur dit uit? Kan die besighede en munisipaliteit nie iets doen daaraan nie? Vir my as inwoner is dit ’n verleentheid…
*****
Die EWP-regeringsprogramme behoort hul te skaam om die arme mense so min te betaal. Dit is amper nie die moeite werd nie. Aangesien die privaatsektor die werknemers baie meer bied, moet die regering dan nie ’n goeie voorbeeld in lone en salarisse stel nie? Waarheen is die land op pad? Baat mos nie jy probeer die privaatsektor in die bek ruk, maar die regering doen nie sy deel nie. (Practice what you preach.)
*****
Me Fortuin, die munisipalteit waarna jy verwys, is die eiendom van die gemeenskap en die inkommers na wie jy verwys is deur die gemeenskap in gestem. Hulle moet planne maak om te probeer regstel wat die onwettige inkommers agtergelaat het. Die punte wat die versoekskrif bevat moet aan Zuma gestuur word. Dit is waar die parlement met sulke sake werk. James Stokes
*****
Julle twee menere met die swart bakkie wat julle siek, ou hond Dinsdag op die Mosselbaai-pad gaan dump het – julle sal swaar gestraf word, glo my. Al is dit nie nou nie, maar jul dag sal kom. Behoort julle te skaam. Baie weet wie julle is.
*****
Sit asseblief weer parkeermeters op in die middedorp. Dit is ’n goeie inkomste en ons kliënte kan weer parkeer in dorp! Dan kan laaisones weer gebruik word, nie vir parkering soos tans die geval is nie. Asb, munisipaliteit! Besigheid in Hoogstraat.
*****
Die gemeenskap moet kennis neem dat Nersa se versoek om die elektrisiteit met ’n verdere 2 % te verhoog, afgekeur is. So wees op die uitkyk. James Stokes (Die munisipaliteit het as volg geantwoord op die sms: Die munisipaliteit is besig om die goedkeuring te ontleed en sal binnekort ’n mediavrystelling opstel waarin die finale goedgekeurde tariewe bekend gemaak sal word.)
*****
Daar is nog geen terugvoering oor die vaalhuisies nie; dit wil sê die munisipaliteit gaan niks doen nie. Die huise behoort platgestoot te word. Die bewoners van die huise se lewens is in gevaar as hier ’n storm kom. So, asb, doen iets hieraan. Vaalhuise-bewoner.
*****
Baie dankie aan persoon vir bottels gelos by Adderleystraat Dinsdagmiddag. Groot waardering.