SMS’e van lesers

Sien in Die Hoorn (1 Junie 2017) Oudtshoorn Gholfklub se trotse geskiedenis. Moenie van die joggies vergeet waarvan ek een was gedurende 1970 -1974 nie. Die geldjie (fooitjie) het ons gehelp op Woensdae en Saterdae. Was lekker tye. Bennett Kammies
*****

Hoe meer goed ons doen, hoe ontelbaar ons seë­ninge. Wat ons saai, sal ons maai. Hoeveel jy van ander ontneem sal dubbel van jou weggeneem word en dit is so waar. Hou jou kant skoon, tel jou seëninge en nie jou besittings nie. JP
*****

5 sms

Is daar nie iemand wat kan kyk dat die voormanne hulle werk doen by munisipaliteit nie? Hulle ry met ’n trok wat grond op het, maar maak nie die gate in pad toe nie. Hulle vee net die grond wat deur voertuie uitgery word terug in die gat. Kan hulle nie die gate opvul nie? Hoekom ry hulle dan met grond op die trok? Hulle was vyf saam met die drywer. Hulle moet besef ons betaal hulle salarisse. Het nog foto’s as bewys waar hulle net staan en gesels.
*****

Geluk Burgemeester Sylvester, DA-raadslede en goedgesinde amptenare met ontwikkelings­voor­stelle vir Oudtshoorn. Dit is duidelik dat julle die dorp vorentoe gaan vat. Moenie julle aan remskoene steur nie. Leser
*****

Ons merk op die opposisiepartye steun deesdae in uitsoekgevalle die DA in die raadsver­gaderings. Hulle stel voor en sekondeer die DA se verslae en aanbevelings dat dit bars!
*****

Kan die munisipaliteit asseblief die spoedbulte in Hoopstraat (eintlik orals) verf? Mense kan dit nie sien nie en dit kan groot skade aan voertuie veroorsaak. Van die spoedbulte is ook in bome se ska­duwees, wat dit erger en gevaarliker maak.
*****

Ek wil vir ons dorp se supermarkte sê: as mense bel met klagtes is dit nie altyd waar nie. Ek het vanoggend agter ’n dame gestaan wat nie weet hoe om met ’n kassier te praat nie – net omdat sy nie lugtyd bygesit het nie. Niemand is volmaak nie. Bestuurders, kyk na jul werkers, hulle het ook harte, probleme, huise, kinders, baie werk vir hul ouers. Dame, ek bid vir mense soos u. Kassier, jy is goed grootgemaak. Maniere is verniet, ons hoef nie rykdom te hê nie. Moeder van Volmoed