SMS’e van lesers

Ek vertrou die opposisie lees die Beaufort-Wes-verkiesingsuitslae korrek en dat hulle dit verstaan. Die boodskap van die kiesers is onbetwisbaar duidelik dat die keuse die DA is. Twaalf uit dertien wyke het dit op 3 Augustus 2016 op Oudtshoorn bevestig. Leser
*****

Kan Oudtshoorn se verkeer nie asseblief aandag gee aan die taxi’s wat so jaag in St Johnstraat vanaf Jubileestraat tot by Adderleystraat nie? Daar is borde op wat sê hulle mag nie daar af ry nie. Hulle stop nie eers op die hoek van St John en Jubileestraat nie. Asseblief, gee aandag aan versoek. Eppie
*****

Ek lees in Die Hoorn dat die Burgemeester morsjorse gaan vasvat – nou wag ek vir sy plan met die sakgrawers – dit kan beslís nie so aangaan nie! Wat gaan die verkeershoof met ongelisensieerde “sleepwaens” doen wat arrogant die strate invaar? Pieter
*****

Ons as senior burgers sou baie graag by die munisipaliteit wil weet waarom daar nie vir senior burgers begroot word nie? Ons sal ook by die burgemeester wil weet waarom hy ons skrywe van Februarie 2017 ignoreer? Is die senior burgers/bejaardes nie vir hulle belangrik nie? Ander munisipaleteite is julle ver voor! Ons praat dan deur middel van die media terwyl julle nie met ons wil praat nie. Ons soek ’n antwoord. Gert (Die sms is aan die munisipaliteit gestuur. – Redakteur)