Werk is mos skaars of..?
Ek probeer ’n geruime tyd om ’n kwotasie te kry vir die afsaag van ’n boom.
Drie persone wat geskakel is, daag nie op vir afsprake nie of bied geen verskoning aan nie. Sulke diens maak my moedeloos, of moontlik skakel ek net die verkeerde persone.
Kan iemand my help?
– Flip, Oudtshoorn
Besluit self oor dié uitnodigings
Jare gelede in Transvaal het ’n vriend wat saam met my gewerk het, op ’n ligte noot vir my gesê dat die bank hom op sy voete gebring het toe hy nie die skuld op sy kar, volgens ooreenkoms, kon betaal nie.
Meer as een maal kry mens deesdae op die selfoon “uitnodigings” soos byvoorbeeld: “Koop nou en betaal later.”
Elkeen moet vir homself oor hierdie “uitnodigings” besluit – ek is net dankbaar dit nie gaan oor aansien nie.
Die Here is goed.
– Kobus Barnard, Oudtshoorn
Vergeet van kommissie?
Ek lees dat Icosa ’n optog in Ladismith gereël het teen swak dienslewering.Wat ironies is, is dat Icosa en die ANC Kannaland bestuur het.
Gerieflikheidshalwe vergeet Icosa van die Dekker-kommissie se bevin-dings. Die spesiale ondersoekeenheid het ook verdoemende bevindings gemaak. Gordon April het al begin om sy vonnis uit te dien en die Kannaland- “leiers” is nog buite.
Let wel ek is a-polities.
– Bekommerde Burger