Sms’e van lesers

■ Die koalisie op Oudtshoorn is baie broos en niemand waag dit om standpunt in te neem nie. Wat het geword van dit wat alles aan die gemeenskap belowe is. Almal is te bang hulle doen of sê iets wat hul posisie van mag en groot salaris in die gedrang mag bring. Intussen buit die werkers die situasie uit en doen net wat hulle wil. Selfs GOOD wat so braaf verkondig het dat hulle nie in koalisies gaan nie, is nou diep aan die slaap in die bed.