Sms’e van lesers

■ Vanmiddag asook verlede Saterdagmiddag speel ’n groep van sowat 20 jongmense heerlik sokker op die veld langs die De Jager Sportkompleks. Is ons nie op vlak 4-inperkings nie? Hoe is dit dat die munisipaliteit informele sport toelaat op hulle grond?
Antwoord van die munisipaliteit:
Volgens die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit word sport onder Vlak 4 toegelaat indien dit vooraf goedgekeur is. Daar word tans ondersoek ingestel of Saterdag se sokker vooraf goed­gekeur is. – Redakteur

■ Wil die Caves Aftreeoord op pad na die Kango Grotte gelukwens met hul pragtige ingang na die oord, by name Sophia van Heerden wat verant- woordelik was vir die uitleg en aanplant van waterwyse plante. Dis ’n lus vir die oog om daar verby te ry of te stap en die netjiese, pragtige ingang te sien. Wees trots op julle ingang. Marie