SMS’e van lesers

Kan iemand vir ons sê wanneer hulle die gate kom regmaak in Parkweg? Voertuie verloor bande, trai­lers vlieg in die lug agter die voertuie. Moet daar eers ’n ongeluk gebeur voor die pad herstel word?
*****

Sal die mense by Keyter- en Meulstraat hul swartsakke by hul eie huise hou, want dit vrot en lok brom­mers. Ek dink jy is gemeen om jou vrot sakke by my muur te kom sit. Hou dit by jou op die sy­paadjie tot hulle dit kom laai. Jy weet wie jy is.
*****

Ek wil klagtes aanmeld. In wyk 13 word nie die nodige gedoen soos belowe nie. Strate word nie ge­vee nie, papiere, bosse, gate lê jare oop, storm­waterpype word nie oopgemaak nie. Rondom die Toeristekamp is dit onnet. Ek vra dat die leier van wyk 13 aandag gee. Dit sal waardeer word.
*****

Mr Mayor, someone is operating helicopters at 18:00 this evening – any idea whom and on whose authority? R H Keene, ratepayer and resident of Oudtshoorn. (The sms was sent to the municipality for response. According to Ntobeko Mang­qwen­qwe, senior communications officer, an environmental officer was sent to Oudtshoorn by the Western Cape Government to monitor aircraft and might be able to assist Mr Keene with his enquiry. The municipality can however regulate noise pollution through their bylaws. If the inquiry relates to noise pollution, additional information can be sent to the municipality. Editor)