Sms’e van lesers

■ Dié foto wat Vrydag (9 Oktober) by die Queen’s Mall op Oudtshoorn geneem is, is aan Die Hoorn gestuur – ’n dag nadat ’n lesersbrief verskyn het oor die ongemagtigde gebruik van parkeerplekke vir mense met gestremdhede op Oudtshoorn. Die Hoorn het die foto’s aan die Oudtshoorn Polisie gestuur en die versekering ontvang dat die saak intern ondersoek word.

■ Dit is verstommend dat mense ’n hele naweek in Wesbank-Suid, op die Welgelukpad en Parkweg-Suid met hulle motorfietse en motors kan jaag sonder dat daar enige geregsdienaars teen hulle optree. Roekelose en nalatige bestuur is tog ’n ernstige oortreding. Iemand moet seker nou eers weer seerkry of sterf voordat daar reaksie is. Is nou regtig keelvol. Anna van Parkweg.

■ Ek wil graag my dank betuig aan die Verkeersdepartement op Oudtshoorn. Dis ’n moeilike tyd en daar is soms lang toue mense by instellings. Ek is dankbaar dat die persone by die motorlisensiekantoor so behulpsaam was om die wagtyd vir my korter te maak. Dit is verblydend om te weet dat daar nog mense is wat omgee. Baie dankie. Stef

■ Oudtshoorniete, gaan stap gerus in die veld om die dorp – daar verskyn nog steeds nuwe blomme en die veld is nou ’n prentjie in wit en geel en pers!

Be the first to comment on "Sms’e van lesers"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*