Sms’e van lesers

■ Chris, sterkte vir die verkiesing. Ek hoop jy, en nie die DA nie, gaan die dorp bestuur. Nic Barrow

■ Dit is skokkend hoe dit by die Plate (Bridgton Sportgronde) lyk met gemors wat daar gegooi word en die munisipaliteit wat nie voorbly nie. Kan daar nie ’n plan gemaak word om dié jarelange probleem op te los nie?

■ Almal, veral die afgetrede onderwy­sers, wil deesdae na raadsvergaderings gaan of voor die gebou betoog om hul persoonlike agendas te bevorder. Is hul­le bewus van die krisis in die onderwys? Miskien is dit eerder nodig dat hulle daar­op aandring om die perso­neel­- en kerkraadsvergaderings van hul skole en kerke by te woon.