Die taxibedryf versmaai die hulp wat die regering aanbied soos ’n stout kind wat die fiets wat sy pa vir hom as geskenk aanbied, nie wil hê nie… Hy eis (demand) ’n motorfiets. Nou laai hul die taxi’s 100% vol. Het die bedryf al daaraan gedink wat die resultaat oor ’n paar weke sal wees? Na my beskeie mening is enige beperkte ruimte, soos ’n voertuig of taxi, die ideale broeiplek vir Covid-19. Pieter
Hoe moet ek dit verstaan? In die VSA word één swart persoon vermoor (ja, dit is verkeerd, hartseer en ek veroor-deel dit ook) en die hele wêreld is “up in arms”, selfs (veral) Suid-Afrika ook… Maar tientalle wit boere, hul eggenotes, kinders en plaaswerkers word byna weekliks wreed gemartel en vermoor, maar dit word sienderoog, hande gevou, toegelaat en geen haan kraai daaroor nie. Waarheen is die mensdom op pad en wat het van menslikheid geword? Pieter
