Sms’e van lesers

Wat van ’n Facebookgroep vir ons dorp wat net praat oor die positiewe dinge, mooi geleenthede en suksesse van ons dorp. Daarvan is daar so baie. Al die groepe wat tans bestaan, fokus net op die negatiewe wat op persepsies gebaseer is en nie op opbouende gebeurtenisse nie. Gewoonlik is daar ook verskuilde politieke agendas daar-agter.


Terwyl die hele wêreld en Suid-Afrika fokus op Covid-19 en pogings om positiewe bydraes te lewer ten einde lewens te red, is ons pragtige Oudtshoorn se raad en inwoners in hul eie politieke stryd betrokke. So asof hulle geen idee het van wat die prioriteit nou is nie. Ag nee, mense, julle word oud en moet regtig nou begin regkom.


Ek lees van ’n skrywer wat sê ons moet die palmbome uitlos. Nou hier is my mening: Palmbome kan baie mooi wees as jy tyd en aandag spandeer deur hul onderste dooie blare af te saag. Elke keer as die wind waai, lê Voortrekkerweg op Oudtshoorn vol blare met gevaarlike dorings. Dit beskadig voertuie. Ek het self palmbome, maar ek versorg hulle. Iemand sal nie kla as daar nie ’n rede voor is nie.


Dankie aan elkeen in die Klein Karoo wat in ’n winkel en buite ’n masker dra en so help dat ons mekaar beskerm. Met verwysing na ’n sms verlede week – ek sien ook besighede waar personeel sonder ’n masker agter ’n toonbank staan om klante om te bedien. Gelukkig is dié besighede in die minderheid en kan ons elders heen gaan vir veilige diens.


Hartverskeurend dat mense sê hulle is diere- of hondeliefhebbers maar..! ’n Teefhond word al byna ’n jaar in ’n kamp van sinkplate dag en nag aangehou! Ons hoor haar dag en nag spring om uit te kom! Hoe wreed kan ’n mens wees? Colleen van Odin het al twee maal die eienaar kom aanspreek. Dit het niks beteken! Bella