Briewe

Kan ons nie asb ons dorp skoonhou nie?

Gedurende die eerste drie weke van “lockdown” was die strate uit die aard van die saak so stil en, let wel, so skoon.

Die feit dat die strate nou al meer vol papiere en allerhande rommel lê, is so betreurenswaardig.

Dit is reeds erg genoeg dat die strate vol gate is. Kan ons nie asb ons dorp skoonhou nie?
– Magriet Coetzee, Oudtshoorn