■ Ek ry dikwels in St. Johnstraat af. Maar dit grief my hoe die heining agter die sportkompleks verniel is. Petro Oudtshoorn
■ Kan die raad sê hoe ver die werkoudit van amptenare is? Dit is dan nou weer doodstil.
■ Ek sit gisteraand met load shedding rustig op die stoep. Alles is doodstil. Geen geblêr van ’n TV-stel nie. Af en toe suis ’n motor in die straat verby. Waar is die dae van kersies en lampe? Ek sal load shedding mis as dit verby is. Stef
■ Ek was Saterdag geskok om te sien hoe lyk Schoemanstraat in De Rust. Mense wat klere verkoop op sypaadjies. Ag nee, wat gaan dan nou aan in daai dorp?
■ Ek sien daar is darem nog mense soos ek wat water spaar en nie aanhou om Oudtshoorn se water op hul tuine en die was van hul motors te mors nie. Ons gee ook om vir ons tuine en dit is ook vir ons sleg om te sien ’n tuin verdroog, maar dis tyd vir almal om saam te spaar.
