Sms’e van lesers

Vrydagaand langs die kanaal… Foto: Piet Strydom

■ As die bakkie van ’n besigheidsman op ’n Saterdag die heel dag op ’n gestrem­de parkeerplek voor sy besigheid staan, beteken dit dat verkeersman­ne dit geïgnoreer het of beteken dit dat hulle glad nie die dag in dié besige straat gery het nie?


■ Die munisipaliteit se tariewe verhoog elke jaar met 9% plus terwyl die staats­­-pensioen jaarliks met 5,4% verhoog. Dit beteken ons sal seker maar moet verhuis, want sulke verhogings verarm ons pensioenarisse teen ’n geweldige tempo.