■ Hoe om nie te parkeer nie… Dinsdag by die Queen’s Mall op Oudtshoorn
■ Dit sal nogal baie slim van die Oudtshoorn Munisipaliteit wees om vanaf die nuwe aansluiting vanaf Dysselsdorp by Riemvasmaak/Rose Valley ’n pad weswaarts parallel met die grensheining tot by Westcott Park te maak. Dit sal die druk vanaf die begraafplaas-aansluiting verlig! Leser
Pofadder by Millenniumpark

■ ’n Pofadder in ons tuin in Millenniumpark 113 presies waar ek en Thinus blare pluk vir my huis. Waar is die ander kleintjies? Op die ander foto is die twee sterre van Millenniumpark wat in die tuin gewerk het toe hulle die pofadder opgemerk het, Elkeanan Jacques Pedro en Morné Justin Lewis. Rika Venter
■ As nuwe intrekker op Oudtshoorn, is dit vir my skokkend hoe dit by Cashbuild in die hoek van hul parkeerterrein en langs Autozone in Hoogstraat lyk. Rondlopers slaap snags daar en maak vuur. Die vullis wat hulle strooi, is nou al weke opgehoop daar. Niemand doen moeite om die plek skoon te maak nie en die munisipaliteit steur hulle nie aan Hoogstraat vanaf Cashbuild om die sypaadjie vol rommel skoon te hou nie. Nuwe intrekker.
(Na wat Die Hoorn kon vasstel, verwyder die munisipaliteit wel swartsakke vol rommel by besighede, maar is besighede verantwoordelik om rommel om hul besighede se perseel in sakke te plaas. – Redakteur)