Sms’e van lesers

■ Die vullismonster en dooie diere word ook hier gegooi – ek wil hê die gemeenskap moet sien hoe dit lyk hier in Mullerstraat op die hoek. John Johannes Josua

■ ASSEBLIEF ESKOM

gee ons krag, Eskom
Krag Eskom
hou asseblief
die ligte aan

gee ons krag, Eskom
krag Eskom
Matrieks wil
eksamen skryf

gee ons krag, Eskom
krag Eskom
wat kan ons maak
sonder jou

die kinders
kannie speel
met hul
rekenaar-games

die ouers
kannie sit en kyk
na hul
7de Laan

gee ons krag, Eskom
krag Eskom
hou asseblief
die ligte aan.

– © Jc Minnie 2019

■ Die tekort aan water in Suid-Afrika is tans die hoofdebat op radio. Oudtshoorn se plakate maan ons dat ons nie op reënval kan staatmaak nie – ek beskou dit as ’n klap in God se gesig! God het vir ons insig gegee om verantwoordelike besluite te neem. Toe ’n professor in waterkunde 13 jaar gelede waarsku dat Suid-Afrika in die toekoms ’n watertekort gaan beleef, word hy summier ontslaan. Intussen het die owerhede volgehou met die aanmoediging van die bevolkngsgroei deur kindertoelae. Hoe kortsigtig kan mens wees? Die bed is gemaak … slaap nou maar daarop! Pieter.

■ Dié skokkende foto van ’n skilpad waarvan die dop stukkend geslaan of gekap is, is die week in Volmoed geneem. Hoe kan mense so iets doen?