■ Het u geweet dat die law enforcement nie by nagte is om verkeersboetes uit te skryf nie? Waar ’n munisipaliteit hulle toelaat om dit te doen, is dit ’n wanpraktyk en nie nodig om sulke boetes te betaal nie.
(Die Oudtshoorn Munisipaliteit reageer soos volg op bogenoemde sms: Dit is nie korrek nie. Law Enforcement Officers se magte is uitgebrei ingevolge Staatskoerant R1114 gedateer 19 Oktober 2018. Die Staatskoerant word hierby aangeheg. Kyk na kolomme 3 en 4 van die skedule. Die kolomme loop vanaf bl 180 tot 182 in die betrokke Staatskoerant.)
■ Dankie aan die KKNK wat inwoners die kans gegee het om saam te kom gesels oor volgende jaar se KKNK. Almal was baie positief met goeie voorstelle. Nou het niemand meer nodig om te kla oor enigiets by die fees nie. As hulle nie saam kom gesels het nie, is hulle mos tevrede en het hulle geen beter voorstelle nie.
■ Iemand sê die week: Daar is die doeners en die klaers en hulle is dikwels nie dieselfde mense nie. Kan ek dan maar die doeners vra om te help om die dorp waar jy woon netjies te hou. Op Oudtshoorn en Dysselsdorp en Ladismith hoor en lees ek van mense wat saamwerk om skoon te maak, bome te plant en op allerhande maniere hul dorp beter en skoner te maak. Ek is trots op hierdie doeners van die Klein Karoo.