■ Ons het drie maande gelede ’n vergadering gehou met die Verkeersdepartement van Oudtshoorn en De Rust se munisipale bestuur oor die gejaag in Schoemanstraat, De Rust. Daar het dadels van gekom. Mense bestuur en jaag nog net soos wat hulle wil. Terugvoering sal waardeer word! (Die munisipaliteit het in reaksie op die sms aangedui dat daar met die beperkte mannekrag beskikbaar periodiek spoedmeting in Schoemanstraat, De Rust gedoen sal word.)
■ Almal kla oor diens van ons munisipaliteit. Ek was verlede week by die lisensiekantoor en wil Oudthoorn laat weet Carike Kritzinger het my gehelp en binne twee dae alle probleme opgelos, al het dit ’n klomp geld gekos. Baie dankie, Carike! Jy is ’n engel en ’n ster wat ’n verskil maak en ’n voorbeeld is vir almal wat ook daar werk. Francois du Plessis.

■ Watter lekker Sondag by die Rust en Vrede-waterval. Dankie dat dit altyd so netjies en skoon is daar. Dan wil ek vra wie doen die plek se bemarking en wanneer daar ’n ander ontvangskantoor opgerig sal word.
■ Onthou as jy negatief of lelik van iemand anders praat, moet jy nie dink dit gaan ’n geheim bly nie. Iemand wat lief is vir skinder, kan nie geheime hou nie. Dis so teleurstellend om by mense te hoor wat jy geskinder het.