Sms’e van lesers

■ Die feit dat huise wat inwoners verniet gekry het, vir ’n appel en ei verkoop word, spreek ’n pro­bleem met die toekenning. Baie mense wat huise ontvang, kwalifiseer nie omdat hulle nie geld het om die belasting te betaal nie en ook nie ’n huis nodig het nie. Die munisipaliteit moet dringend ’n ondersoek loods na die toe­kenning. Die hoof van behuising moet verantwoordelik gehou word vir die chaos by behuising.

Shehaam Sims from the Oudts­hoorn Municipality’s Human Settlement’s Department responds as fol­lows: There is no chaos at Human Settlements. The Rosevalley project was an upgrade of an informal settlement area (Riemvasmaak), where the people who lived in the informal settlement had to be accommodated. No one else may benefit.

A Greenfields project / Waiting list project deals with allocations (toekennings) and that is why we have developed an allocations policy (approved December 2018) in preparation for a waiting list project. The houses are gi­ven for free, provided that the person is reflected on the waiting list, that the per­son did not own property before and the household income is between R0 and R3 500 pm.

Houses which are being sold shortly after receiving them, is being sold illegally as there is a pre-emptive clause in the title deed stipulating that a house may not be sold within the first eight years. I am aware of all the attempts to sell, which when done legally will be done through a transferring attorney who has an obligation to check whether the muni­cipality will waive this clause. Hu­man Settlements have consistently re­fu­sed to waive the clause for people staying less than eight years (with one exception).

■ Kan die munisipaliteit nie asb die krane met gratis water op drup sit nie? Dan is daar nie genoeg drukking om ’n tuinslang te koppel en kar te was nie. Want dit is wat nou op die oomblik gebeur. Besorgde inwoner

Die munisipaliteit antwoord soos volg op dié sms: Die munisipaliteit is tans in die proses om die deernis­huis­houdings te laat oorskakel na die Meter Management Device. Dit beteken dat deer­nishuishoudings slegs een van twee opsies sal ontvang. Opsie 1 sal wees dat hulle slegs 200 liter water per dag gaan ontvang. Indien die kwota water gebruik is, sal hulle tot die volgende dag moet wag vir hul volgende kwota. Opsie 2 sal wees dat deernisgevalle omskakel na voorafbetaalde watermeters waar hulle toegang sal hê tot die eerste 6 kl en daarna water moet aankoop.

Ongelukkig gaan dié proses ’n tydjie neem omdat 6 000 nuwe meters die mu­- ni­sipaliteit ’n redelike bedrag sal kos.

Indien inwoners bewus is van deer­nis­huishoudings wat die gratis water misbruik en buite die beperkings optree, moet hulle dit aan die wetstoe­passers rapporteer. Die munisipaliteit kan ongelukkig nie net persone se water op drup sit indien die kliënt se rekening ten volle betaal is en geen agterstallige rekening het nie.