■ Nog ’n ongeluk naby die stasie op die 90 grade-draai. Die padtekens is seker gesteel en so het die bestuurder wat van Mosselbaai is, nie geweet van die gevaar nie. Dalk sal spoedheuwels voor die stasie help om die probleem op te los. Antoine
■ Waarom volg die Oudtshoorn Munisipaliteit nie die voorbeeld van Kannaland en Bitou waar die ANC en DA saamwerk nie. Duidelik gaan dit baie goed daar en hoor jy nie van die baie probleme soos hier nie.
■ Wat het van die rookwet geword dat jy nie binne ’n sekere afstand van ’n openbare gebou, ingang, venster of selfs in die publiek mag rook nie? Daagliks verstik ons in ander se rook soos hul voor besighede staan. Sommiges staan letterlik reg voor die ingange.
Regstelling: Dit is onder Die Hoorn se aandag gebring dat die bedrag van R20 miljoen wat verlede week in ’n berig in Die Hoorn (“Eljada Nasorg vier fees uit dankbaarheid”) oor die jaarlikse uitgawes van Eljada Nasorg gepubliseer is, nie korrek is nie. Ons stel dit graag reg.