■ So ’n pragtige foto van Willem die Bullmastiff en Mieke Schoeman. Ek wil hulle net drukkies gee, maar die spreekwoord sê die hond is die mens se beste vriend en Willem en Mieke is groot buddies. Dit is n wenfoto JB.
■ Dit is skokkend om te hoor en sien van die dieremishandeling, waar ’n hondjie op ’n stoep van een meter by twee meter aangehou is op Oudtshoorn! Die hondjie is net betyds gered! Daar moet opgetree word teen hierdie eienaar! ’n Saak van dieremishandeling moet aanhandig gemaak word! As hier niks van kom nie, is ons samelewing siek! Asb, praat vir ons diere! Hulle kan nie.
■ Indien COCTA ’n prys moet gee vir die munisipaliteit wat die meeste ontslae kon raak van munisipale bestuurders, loop Oudtshoorn loshande weg met die prys. Net jammer dat dié goed gekwalifiseerde amptenare se toekoms in die hande van onbevoegde raadslede sonder kwalifikasies is.