■ Ons bly nou vir 20 jaar in De Rust. Op 1 April sien ek ’n dame beddegoed verkoop in die straat voor Standard Bank. Wat word van ons mooi dorp? Van wanneer is dit aanvaarbaar? Ant E
■ Jy kan slegs aandring op ’n raadslid se optrede as jy gestem het. As jy nie stem nie, moet jy dus nie kla nie.
■ In verlede week se uitgawe van Die Hoorn was daar ’n foto van die organiseerders van die kickboxing-toernooi. Ek tel sewe munisipale amptenare op die foto – die bestuurder van sale, ramp- bestuur, brandweer, sport, spesiale projekte en kommunikasie. Meeste van dié departemente het niks met die reëlings te make nie of het almal gegaan om die munisipaliteit se R20 000 tjek te gaan oorhandig en sit almal in by die vergaderings waar die toernooi gereël word? (Is al die departemente nie betrokke by reëlings vir ’n nasionale toernooi op Oudtshoorn nie – die toernooi het in ’n saal plaasgevind wat aan sekere vereistes moes voldoen, rampbestuur en die brandweer moet paraat wees tydens alle groot byeenkomste, sport en spesiale projekte spreek vanself terwyl kommunikasie dit moontlik maak dat mense en die media ingelig word oor ’n geleentheid. Enige fees, sportgeleentheid of ander groot byeenkoms vra vir spanwerk. – Liesel le Roux, redakteur)
■ On WhatsApp group Tuesday evening: There had been guests robbed as they came back in from dinner in Church Street. Just one kid who came from the bridge side, grabbed the handbag and took off. Guests traumatised! Happened so quickly.