Sms’e van lesers

■ Ek loer net om te kyk hoekom is die naweek so gou verby? Mooi week vir julle almal. Pearl, De Rust

■ Die brief van JS Botha, De Rust: Moenie die polisie vir alles blameer soos die res van die dorp nie. Ouers moet hul kinders opvoed oor die gevare van dwelms. Skole, die ACVV, Departement Maatskaplike Ontwikkelling, skoolsielkundiges – waar is hulle? Die regering gee All Pay wat vir die aankoop van dwelms gebruik word. Hulle wettig dit. Out Piet

■ Ek is vir 35 jaar ’n getroue kliënt van Standard Bank en moes op straat hoor die tak op De Rust gaan toemaak. Van elke dag beskikbaar tot slegs drie dae per week. Nou niks. Die OTM is nou vir meer as 10 dae buite werking. Standard Bank-kliënte moet nou 40 km na Oudtshoorn ry om geld te trek. Daar is feitlik nooit parkering nie.

■ Dit wil voorkom asof Standard Bank niks voel vir sy getroue kliënte en personeel nie. Hierdie aangeleentheid verskaf groot ongerief en skending van kliënt-vertroue. Ek is uiters teleurgesteld. Kobus

■ Baie dankie aan Oudtshoorn vir die afgelope Kunstefees! Dankie aan die dames wat die dorp met hul brei- en hekelwerk verfraai het. Dankie aan Derek en Amanda Engelbrecht van die gastehuis. Altyd ’n plek vol Klein Karoo-gasvryheid en rustigheid. Sterkte vir Burgert Engelbrecht wat die leisels oorneem. Ook dankie aan Knuppeldik en Beans vir die beste en lekkerste koffie en kos in die Karoo! Hoop ons sien mekaar weer volgende jaar. Groete, Antoinette Kellermann

■ Ek verstaan as besighede kameras installeer, maar hoekom by huise in Oudtshoorn installeer? Meeste is op so ’n hoogte dat dit bo-oor die grensmuur kyk. Kameras is deesdae baie gesofistikeerd en die kleur-nagsig- en zoom-funksies is baie goed. Wees maar versigtig vir loerbroers wat jou privaatheid skend sonder dat jy dit weet.

■ Munisipaliteit het vir pype vir 20 km-Blossoms­pyplyn geadverteer; so konstruksie begin binne­kort. Oor wie se grond gaan pyplyn en waar kan publiek die kontrakte met die eienaars sien?