■ Ek wil net sê nog voor die dokter ’n diagnose gemaak het, weet Jaffie al klaar wat die pasiënt makeer. Hy gaan ’n groot leemte in die hospitaal laat, want daar gaan nie nog ’n Jaffie wees nie. Aan Jaffie, dankie vir jou toewyding en liefde vir die pasiënte. Jy sou ’n uitstekende dokter gewees het. Ons salueer jou. Jy is ons hero! JB
■ Praat asb met jou bure as hulle water mors – diegene wat sowaar nog ’n tuinslang uithaal. Ook met die deernismense, asb.
■ Kan ek droom van ’n Klein Karoo waar elke inwoner voor sy huis en besigheid vullis optel…