Sms’e van lesers

■ Sat vir beurtkrag. Verlang na vroeër jare toe staatsdepartemente nog tip-top gefunksioneer het, maar vir al die plundery en foute moet die arme belastingbetaler opdok soos ’n koei wat jy melk. Ons is besig om in ’n moeras te val en gaan nie daar uitkom nie tensy ons die vrot appels uitgooi. JB

■ Oppas, Wesbank! Daar is bedags mense wat op en af in die strate loop en by erwe ingaan; selfs oor mure spring.

■ Asseblief, munisipaliteit, maak Buitekantstraat by Villa Fontes skoon. Dit lyk na ’n vullishoop en die straatveërs maak nie die sypaadjies skoon nie maar net die vore. As hulle nie die sypaadjies wil vee nie, wie moet dit doen? Die persoon wat in beheer is van hulle, moet kyk daarna. Dis halwe werk. JB

■ Erge kragkrisis, maar De Rust se hoofstraat se ligte brand helder oordag? (Die munisipaliteit antwoord: Die dag-nag-sensor wat die ligte aan- en afskakel, het ingegee en die munisipaliteit wag net op die onderdele om dit te herstel. Dit is tydelik omseil om toe te sien dat die straat snags lig het.)

■ As jy sien hoe munisipale bakkies aan­ge­wend word deur amptenare vir hul private besigheid, dan is die stelsel van die munisipaliteit wat bepaal waar sy voertuie is nog ver van effektief.

■ Soos nog nooit tevore nie, sal ons as geregi­streer­­­de kiesers ons stem in Meimaand by die stem­bus vir die DA moet uitbring in die Wes-Kaap. Jongmense wat voor of op 8 Mei 2019 agtien word, mag op 8 Mei stem. Ouers sal hopelik hul kinders bystaan om te registreer en te stem.

Interessante statistiek oor werkloosheid onder jongmense (oa gegradueerdes):
Volgens Statistieke Suid-Afrika dui ’n opname van Mei 2018 dat 38,2% van jongmense tussen 15 en 34 werkloos is. Wat gegradueerdes betref is 33,5% van diegene onder 24 jaar werkloos, 10,2% van ge­gradueerdes tussen 25 en 34 en 4,7% van ge­gradueerdes tussen 35 en 64.