Rika Venter en Liesel le Roux.
Hoe ken en eer ons ons eie talent op ons dorp?
Die gesegde “die tandarts se kinders is laaste op die lys”, is soveel keer waar, maak nie saak waar ons woonagtig is nie. Ons beroepe verswelg ons talente.
Oudtshoorn is ’n dorp van ontdekkings, vol verrassende kunstenaars en skrywers saamgevoeg (par excellance) op ’n dorp met ’n etiket van welvarendheid.
Ná so ontdekkingsreis ontdek ek ’n ster in ons midde, Liesel le Roux, mede-eienaar van Die Hoorn en PostNet.
Toevallig in die program Met ’n huppel in die stap (kykNET) gesels die aanbieder met Jopie Koen (in beheer van Die Woordgilde) oor poësie en boeke en verwys na Liesel le Roux, ’n dame wat sedert haar Potch-universiteitsjare gedigte geskryf en gepubliseer het in bundels van die universiteit se Skrywersgilde asook by Die Woord-gilde. Van die gedigte is voorgelees tydens optredes van Carel Trichardt en Petru Wessels.
Sy het ook kinderverhale vertaal wat lank voorgelees is op RSG.
Liesel is voltyds redakteur en sakevrou by hul eie besigheid saam met haar man Schalk.
Met Augustus as vrouemaand wil ek graag as ere-president van die SA Council of Business Women vir
Liesel bedank vir die kwaliteitberigte deur haar en hul koerant, Die Hoorn, wat ons op hoogte hou van vooruitgang en die lief en leed van ons dorp.
Ons is trots op wat jy vermag het op jou gebied vir die vroue in Suid-Afrika
– Rika Venter, ere-president, SA Council of Business Women