As ek in my tuin is, dink ek ander mense sien die Tuin van Eden as ’n lowergroen plek met reuse- bome, groen grasperke en die mooiste blomme waar Jesus gewandel het. Ek besef toe, al het ek ’n karootuin is Hy ook hier en praat met my en Hy sien hoe ek elke klip waardeer en gebruik.
Van kleintyd het ek ’n ding oor klippe.
Ek het op ‘n plaas grootgeword. Daar was dit altyd droog. Plante was daar nie, behalwe kanniedote en dan klippe. Ek het altyd gedroom van groen grasperke en roosbome, maar dit het nie gebeur nie. Hier in die veld in ’n sekuriteitsoord op Oudtshoorn het ek my karootuin gemaak.
Elke dag werk ek in my tuin en praat met my plante en klippe wat mooi uitgelê is. Dit is my tuin van Eden.
Daar is baie sêgoed oor klippe, soos:
Laat die een wat sonder sonde is, die 1ste klip optel. Die klippe sal uitroep dat Hy die Seun van God is.
Berge val op my, heuwels bedek my.
Huise moet op rotse gebou word en nie op sand nie.
Die Here is my Rots.
Klippe kan ook dien as wapens. Jy kan iemand gooi met klippe of selfs raak gegooi word.
As jy vir iemand iets goed doen, rol jy vir hom ’n klip uit die pad.
Dink 2 keer voordat jy ’n klip weggooi of wegskop en kyk uit ‘n ander oog na klippe.
– Mona Britnell
Klippe
