DAAR word gesê dat die meeste men­se se

Nuwejaarsvoornemens slegs en­kele dae of weke hou voordat dit ook maar in die vergetelheid verdwyn.

Na bewering misluk sowat 80 persent van mense se Nuwejaars­voornemens!

In ’n lesersbrief wat vandeesweek op hierdie bladsy verskyn, word egter ’n aantal wenke gegee wat gerus as Nuwejaarsvoornemens vir 2017 kan geld en sommer deel kan word van elk­­een wat in die Klein Karoo woon, se lewe.

Die skrywer, Katot Meyer, is ’n bekende Oudtshoorniet en bekend as ’n man wat die omgewing respekteer.

Hy is ook iemand wat hom al vir die aanplant van groot getalle bome op Oudtshoorn bewyer het, en steeds moeiteloos daarvoor werk.

Hy is ’n man wat met oop oë na die besonderse omgewing kyk waarin inwoners van die Klein Karoo hul bevind.

In sy brief vra hy of ons wat hier woon, weet dat ons eintlik inwoners is van die Gouritz Biosfeer en gee hy wenke ons dié waardevolle omgewing kan oppas.

Die Gouritz Biosfeer is die enigste biosfeer in die wêreld waar die fynbos, sukkelente (vetplant-) Karoo en die subtropiese ruigteveld voorkom. Ons daaglikse woon- en werkplek is dus ’n unieke stukkie wêreld, ’n om­gewing waarmee ons moet erns maak en wat vra om bewaar te word.